Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:24-33 Die Boodskap (DB)

24. Efraim se dogter, Seëra, het die dorpe Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.

25. Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag en sy seun Tagan.

26. Sy seun was Ladan, sy seun Ammihud, sy seun Elisama,

27. sy seun Nun en sy seun Josua.

28. Efraim se nageslag het ’n gebied bewoon wat Bet-El in die suide, Naära in die ooste, Geser in die weste, Sigem in die noorde, tot by Aja, elkeen met hulle dorpies, ingesluit het.

29. Manasse se nageslag het Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies, besit. Dit is plekke waar Josef, die seun van Israel, se nageslag gewoon het.

30. Aser se seuns was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster was Serag.

31. Beria se seuns was Geber en Malkiël, wat Birsajit se pa was.

32. Geber was Jaflet, Semer, Gotam en hulle suster, Sua, se pa.

33. Jaflet se seuns was Pasak, Bimhal en Aswat.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7