Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:23-29 Die Boodskap (DB)

23. Daarna het hy en sy vrou weer ’n seun gehad. Hy het hom Beria genoem, omdat hy gebore is in ’n tyd toe teëspoed hulle huis getref het.

24. Efraim se dogter, Seëra, het die dorpe Bet-Goron-Onder, Bet-Goron-Bo en Ussen-Seëra gebou.

25. Beria se seuns was Refag en Resef. Resef se seun was Telag en sy seun Tagan.

26. Sy seun was Ladan, sy seun Ammihud, sy seun Elisama,

27. sy seun Nun en sy seun Josua.

28. Efraim se nageslag het ’n gebied bewoon wat Bet-El in die suide, Naära in die ooste, Geser in die weste, Sigem in die noorde, tot by Aja, elkeen met hulle dorpies, ingesluit het.

29. Manasse se nageslag het Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies, besit. Dit is plekke waar Josef, die seun van Israel, se nageslag gewoon het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7