Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:67-76 Die Boodskap (DB)

67. Hulle het die volgende stede saam met hulle weivelde gekry: Sigem, ’n asielstad in die Efraimberge, asook Geser,

68. Jokmeam, Bet-Goron,

69. Ajalon en Gat-Rimmon.

70. Die res van Kehat se nageslag het Aner en Jibleam, met hulle weivelde, gekry. Dit was in die stamgebied van die halwe Manassestam.

71. Vir Gerson se nageslag is stede in vier stamgebiede aangewys: in die stamgebied van die halwe Manassestam, Golan in Basan en Astarot, albei met hulle weivelde;

72. in die stamgebied van Issaskar, Kedes, Daberat,

73. Ramot en En-Gannim met hulle weivelde;

74. in die stamgebied van Aser, Misal, Abdon,

75. Gukok en Regob met hulle weivelde;

76. in die stamgebied van Naftali, Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim met hulle weivelde.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6