Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:61-68 Die Boodskap (DB)

61. Vir die res van Kehat se nageslag het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam aangewys.

62. Vir Gerson se nageslag het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse, in Basan, dertien stede aangewys.

63. Vir Merari se nageslag het hulle met die lot twaalf stede in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon aangewys.

64. Die Israeliete het die stede met hulle weivelde vir die Leviete gegee.

65. Die stede in die stamgebiede van Juda, Simeon en Benjamin, wat reeds genoem is, is ook met die lot aangewys.

66. Vir Kehat se nageslag is stede in die stamgebied van Efraim aangewys.

67. Hulle het die volgende stede saam met hulle weivelde gekry: Sigem, ’n asielstad in die Efraimberge, asook Geser,

68. Jokmeam, Bet-Goron,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6