Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:49-65 Die Boodskap (DB)

49. Slegs Aäron en sy seuns het egter as priesters opgetree. Net hulle kon diere by die altaar offer waar diere verbrand is en by die altaar waar wierook gebrand is. Hulle het ook die take verrig wat met die Allerheiligste deel van die tempel te doen gehad het. Hulle het die verhouding tussen Israel en God herstel volgens al die reëls wat Moses, God se werker, gemaak het.

50. Die nageslag van Aäron was Eleasar, Pinehas, Abisua,

51. Bukki, Ussi, Seragja,

52. Merajot, Amarja, Agitub,

53. Sadok en Agimaäs.

54. Hier is ’n verslag van die dorpe en gebiede wat volgens die lot aangewys is vir die nageslag van Aäron, uit die Kehatgroep.

55. Hulle het Hebron in Juda gekry, met die weivelde rondom die dorp,

56. maar die landerye en oop veld in die omgewing is aan Kaleb, Jefunne se seun, gegee.

57. Die volgende dorpe met hulle weivelde is aan Aäron se nageslag gegee: die asielstad Hebron, wat reeds genoem is, en Libna, Jattir, Estemoa,

58. Golon, Debir,

59. Asan, Jutta en Bet-Semes,

60. asook Gibeon, Geba, Alemet en Anatot, met hulle weivelde in die Benjamingebied.Hulle het altesaam dertien stede vir Aäron se nageslag ontvang.

61. Vir die res van Kehat se nageslag het hulle met die lot tien stede in die gebied van die halwe Manassestam aangewys.

62. Vir Gerson se nageslag het hulle in die stamgebiede van Issaskar, Aser en Naftali en in die stamgebied van Manasse, in Basan, dertien stede aangewys.

63. Vir Merari se nageslag het hulle met die lot twaalf stede in die stamgebiede van Ruben, Gad en Sebulon aangewys.

64. Die Israeliete het die stede met hulle weivelde vir die Leviete gegee.

65. Die stede in die stamgebiede van Juda, Simeon en Benjamin, wat reeds genoem is, is ook met die lot aangewys.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6