Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:5-20 Die Boodskap (DB)

5. Asgur (die grondlegger van Tekoa), het twee vroue gehad, Gela en Naära.

6. By Naära het hy vier seuns gehad: Agussam, Gefer, Temni en Agastari. Hulle was Naära s’n.

7. Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.

8. Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel, Harum se seun.

9. Jabes was belangriker as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.

10. Jabes het in ’n gebed met Israel se God gepraat: “Seën my tog, maak my grondgebied groter, hou u hand oor my en hou onheil van my af weg, sodat geen hartseer my tref nie.”God het vir hom gegee wat hy gevra het.

11. Kelub, die broer van Suga, was Megir se pa. Megir was Eston se pa.

12. Eston was Bet-Rafa, Paseag en Teginna se pa en Teginna was Ir-Nagas se pa. Hulle was die mense van Reka.

13. Kenas se seuns was Otniël en Seraja, en Otniël se seuns was Gatat

14. en Meonotai, wat Ofra se pa was. Seraja was Joab se pa, die grondlegger van Geharasjim, Vakmansdal, want hulle was vakmanne.

15. Kaleb, die seun van Jefunne, se seuns was Iru, Ela en Naäm. Ela se seun was Kenas.

16. Jehallelel se seuns was Sif, Sifa, Tireja en Asarel.

17. Esra se seuns was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Mered is met ’n Egiptiese vrou getroud en hulle kinders was Mirjam, Sammai en Jisbag, Estemoa se pa.

18. Mered is ook met ’n Judese vrou getroud en hulle kinders was Jered (die grondlegger van Gedor), Geber (die grondlegger van Soko) en Jekutiël (die grondlegger van Sanoag). Mered se Egiptiese vrou, Bitja, was ’n dogter van die farao.

19. Hodija se vrou was ’n suster van Nagam. Een van haar seuns was die pa van Keïla van Garmi en ’n ander seun was Estemoa van Maäka se pa.

20. Simon se seuns was Amnon, Rinna, Ben-Ganan, Tilon.Die nageslag van Jisi was Soget en Ben-Soget.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4