Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 28:13-21 Die Boodskap (DB)

13. tot by die plekke vir die priesters en Leviete wat in die tempel moes werk en vir al die gereedskap wat nodig kon wees vir hulle diens.

14. Dawid het ook presies vir Salomo gesê hoeveel goud en silwer hy nodig sou hê vir al die verskillende soorte gereedskap.

15. Hy het ook vir hom gesê presies hoeveel goud nodig sou wees vir die goue kandelaars met hulle goue lampe, en hoeveel silwer vir die silwerkandelaars met hulle lampe.

16. Hy het ook vir hom gesê hoeveel goud nodig sou wees vir die tafels met die offerbrood, en hoeveel silwer vir die silwertafels;

17. ook hoeveel goud vir die vurke, komme en kanne van suiwer goud, die hoeveelheid goud en silwer vir elke goue beker en elke silwerbeker;

18. asook die hoeveelheid gesuiwerde goud vir die wierookaltaar, en die hemelwesens van goud wat die verbondsark van die Here met hulle vlerke moes bedek.

19. Dawid het vir Salomo gesê: “Ek weet al hierdie dinge omdat die Here dit aan my bekendgemaak het.

20. Wees sterk, moenie huiwer nie, maar begin die werk doen! Moenie bang wees of jou bekommer nie, want die Here God, my God, is by jou. Hy sal jou nie in die steek laat of van jou af padgee nie. Hy sal toesien dat al die werk aan sy huis reg gedoen word.

21. Al die priesters en Leviete is aangewys en gereed om in die tempel diens te doen en daar is vakmanne wat alles kan doen wat jy gedoen wil hê. Daarby wag die hoë amptenare en die hele volk dat jy vir hulle moet sê wat hulle moet doen.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 28