Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:24-29 Die Boodskap (DB)

24. Na Gesron se dood het Kaleb by sy pa se vrou Efrata geslaap en hulle het ’n seun, Asgur, gehad. Hy was Tekoa se pa.

25. Jeragmeël, Gesron se oudste seun, was die pa van Ram, sy oudste, asook Buna, Oren, Osem en Agija.

26. Jeragmeël het nog ’n vrou gehad. Sy was Atara en sy was die ma van Onam.

27. Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker.

28. Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur.

29. Abisur se vrou was Abihajil en sy was Agban en Molid se ma.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2