Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:20-30 Die Boodskap (DB)

20. Gur was Uri se pa en Uri was Besaleël se pa.

21. Toe Gesron 60 was, is hy met Gilead se suster, ’n dogter van Makir, getroud. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad.

22. Segub was Jaïr se pa. Jaïr het 23 dorpe in Gilead besit.

23. Later het Gesur en Aram die tentdorpe van Jaïr verower en ook vir Kenat met sy buitedorpe. Dit was 60 dorpe in totaal, wat voorheen aan die seuns van Makir, Gilead se pa, behoort het.

24. Na Gesron se dood het Kaleb by sy pa se vrou Efrata geslaap en hulle het ’n seun, Asgur, gehad. Hy was Tekoa se pa.

25. Jeragmeël, Gesron se oudste seun, was die pa van Ram, sy oudste, asook Buna, Oren, Osem en Agija.

26. Jeragmeël het nog ’n vrou gehad. Sy was Atara en sy was die ma van Onam.

27. Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker.

28. Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur.

29. Abisur se vrou was Abihajil en sy was Agban en Molid se ma.

30. Nadab se seuns was Seled en Appajim, maar Seled is sonder kinders dood.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2