Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:19-24 Die Boodskap (DB)

19. Na Asuba se dood is Kaleb met Efrata getroud en hulle seun was Gur.

20. Gur was Uri se pa en Uri was Besaleël se pa.

21. Toe Gesron 60 was, is hy met Gilead se suster, ’n dogter van Makir, getroud. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad.

22. Segub was Jaïr se pa. Jaïr het 23 dorpe in Gilead besit.

23. Later het Gesur en Aram die tentdorpe van Jaïr verower en ook vir Kenat met sy buitedorpe. Dit was 60 dorpe in totaal, wat voorheen aan die seuns van Makir, Gilead se pa, behoort het.

24. Na Gesron se dood het Kaleb by sy pa se vrou Efrata geslaap en hulle het ’n seun, Asgur, gehad. Hy was Tekoa se pa.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2