Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:17-22 Die Boodskap (DB)

17. Abigal was met Jeter, ’n Ismaeliet, getroud en hulle seun was Amasa.

18. Gesron se seun Kaleb het by sy eerste vrou, Asuba, ’n dogter, Jeriot, en drie seuns, Jeser, Sobab en Ardon, gehad.

19. Na Asuba se dood is Kaleb met Efrata getroud en hulle seun was Gur.

20. Gur was Uri se pa en Uri was Besaleël se pa.

21. Toe Gesron 60 was, is hy met Gilead se suster, ’n dogter van Makir, getroud. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad.

22. Segub was Jaïr se pa. Jaïr het 23 dorpe in Gilead besit.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2