Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 13:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Dawid het sy optrede met al sy offisiere bespreek.

2. Toe het hy die hele vergadering Israeliete toegespreek. Hy het gesê: “As julle dit goedkeur en as die Here ons God dit so wil hê, gaan ons ’n boodskap na al die Israeliete en na die priesters en Leviete toe stuur, waar hulle ook al is, om hulle te nooi om by ons aan te sluit.

3. Dis tyd om die verbondsark van God te gaan haal, want ons het dit in Saul se tyd verwaarloos.”

4. Die hele vergadering het saamgestem, want hulle het besef dit is die regte ding om te doen.

5. Dawid het toe al die Israeliete van oor die hele land byeengeroep om die verbondsark van God van Kirjat-Jearim af te gaan haal.

6. Hulle is toe almal saam na Baäla in Juda toe, dit is Kirjat-Jearim, om die ark van God terug te bring. Die ark dra die titel: “Die Here wat bo die hemelwesens troon.”

7. Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa van Abinadab se huis af vervoer. Ussa en Agjo was die wadrywers.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 13