Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:6-24 Die Boodskap (DB)

6. Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam uit Korag;

7. Joëla en Sebadja, Jerogam se seuns uit Gedor.

8. Uit die stam van Gad het daar ook dapper soldate na Dawid toe oorgeloop. Hy was toe nog in sy vesting in die wildernis. Hulle was goed toegerus om met skild en spies te veg, so vreesloos soos leeus en so vinnig soos bokke in die berge.

9. Eser was die leier, Obadja was tweede in bevel en Eliab derde,

10. Mismanna vierde, Jeremia vyfde,

11. Attai sesde, Eliël sewende,

12. Joganan agtste, Elsabad negende,

13. Jeremia tiende, Makbannai elfde.

14. Hierdie soldate uit Gad was leërbevelvoerders; die swakste een van hulle sou hom kon handhaaf teen 100 soldate, die sterkste teen 1 000.

15. Dit was hulle wat die Jordaanrivier in die reëntyd, toe dit in vloed was, oorgesteek het. Hulle het toe die mense verjaag wat weerskante van die rivier gebly het.

16. Toe daar soldate uit Benjamin en Juda aangekom het om by Dawid in sy vesting aan te sluit,

17. het hy vir hulle gesê: “As julle in vrede gekom het om my te help, sal julle in my ’n vriend hê. Maar as julle hier is om my aan my vyande te verraai terwyl ek onskuldig is, mag die God van ons voorouers dit raaksien en julle straf.”

18. Amasai, ’n leier in die Dertigtal, is deur die Gees in besit geneem en hy het gesê:“Ons is vír u, Dawid!Ons is aan u kant, seun van Isai!Vrede! Vrede vir u!Vrede ook vir dié wat u help,want u God help u!”Dawid het hulle toe aanvaar en as offisiere in sy leër aangestel.

19. Toe Dawid saam met die Filistyne teen Saul gaan veg het, het daar ’n groep soldate uit die stam van Manasse by hom aangesluit. Dit het egter nie so uitgewerk nie, want die Filistynse leiers het besluit om Dawid terug te stuur. Hulle het geredeneer: “Dis te gevaarlik. As hy na sy koning Saul toe oorloop, kan dit ons ons lewe kos.”

20. Hier is ’n lys name van die mense uit Manasse wat na Dawid toe oorgeloop het, terwyl hy na Siklag toe op pad was: Adnag, Josabad, Jediael, Migael, Josabad, Elihu en Silletai, elkeen in bevel van omtrent 1 000 soldate van Manasse.

21. Hulle het Dawid help veg, want hulle was goeie soldate en het offisiere in sy leër geword.

22. Daar het dag vir dag mense by Dawid aangesluit om hom te help. Só het sy bende algaande tot ’n baie groot leër gegroei.

23. Hier volg die getalle van gewapende soldate wat hulle in Hebron by Dawid aangesluit het. Hulle was daar om Saul se koningskap aan Dawid oor te dra, soos die Here beveel het.

24. Uit die stam van Juda: 6 800 ten volle gewapende manne met skild en spies;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12