Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 1:45-50 Die Boodskap (DB)

45. Na Jobab se dood het Gusam, uit die land van die Temaniete, hom opgevolg.

46. Na Gusam se dood het Hadad, seun van Bedad, hom opgevolg. Hy het die Midianiete in die gebied van Moab verslaan. Sy stad se naam was Awit.

47. Na Hadad se dood het Samla van Masreka hom opgevolg.

48. Na Samla se dood het Saul van Regobot-aan-die-Rivier hom opgevolg.

49. Na Saul se dood het Baäl-Ganan, seun van Akbor, hom opgevolg.

50. Na Baäl-Ganan se dood het Hadar hom opgevolg. Sy stad was Paü en sy vrou was Mehetabel, dogter van Matred en ’n kleindogter van Me-Sahab.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 1