Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 1:40-45 Die Boodskap (DB)

40. Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Sibon se seuns was Aja en Ana.

41. Ana se seun was Disan. Disan se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

42. Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan. Dison se seuns was Us en Aran.

43. Die volgende konings het in Edom regeer voordat die Israeliete ’n koning gehad het:Bela, seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba.

44. Na Bela se dood het Jobab, seun van Serag, uit Bosra, hom opgevolg.

45. Na Jobab se dood het Gusam, uit die land van die Temaniete, hom opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 1