Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 1:33-53 Die Boodskap (DB)

33. Midian se seuns was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle was almal uit Ketura se nageslag.

34. Abraham se ander seun was Isak. Isak se seuns was Esau en Israel.

35. Esau se seuns was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.

36. Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.

37. Reüel se seuns was Nagat, Serag, Samma en Missa.

38. Seïr se seuns was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan.

39. Lotan se seuns was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster.

40. Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Sibon se seuns was Aja en Ana.

41. Ana se seun was Disan. Disan se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

42. Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan. Dison se seuns was Us en Aran.

43. Die volgende konings het in Edom regeer voordat die Israeliete ’n koning gehad het:Bela, seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba.

44. Na Bela se dood het Jobab, seun van Serag, uit Bosra, hom opgevolg.

45. Na Jobab se dood het Gusam, uit die land van die Temaniete, hom opgevolg.

46. Na Gusam se dood het Hadad, seun van Bedad, hom opgevolg. Hy het die Midianiete in die gebied van Moab verslaan. Sy stad se naam was Awit.

47. Na Hadad se dood het Samla van Masreka hom opgevolg.

48. Na Samla se dood het Saul van Regobot-aan-die-Rivier hom opgevolg.

49. Na Saul se dood het Baäl-Ganan, seun van Akbor, hom opgevolg.

50. Na Baäl-Ganan se dood het Hadar hom opgevolg. Sy stad was Paü en sy vrou was Mehetabel, dogter van Matred en ’n kleindogter van Me-Sahab.

51. Na Hadar se dood het daar stamhoofde in Edom regeer: Timna, Alwa, Jetet,

52. Oholibama, Ela, Pinon,

53. Kenas, Teman, Mibsar,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 1