Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 3:26 Die Boodskap (DB)

Toe die regte ma dit hoor, het haar hart inmekaargekrimp. Sy was so lief vir die kind dat sy onmiddellik vir die koning gesê het: “Asseblief, U Majesteit, asseblief. Moet tog net nie die kind doodmaak nie. Laat sy dan maar die kind kry, maar moet hom tog net nie doodmaak nie.” Die ander vrou het weer gesê: “Sny die kind in die middel deur sodat nie een van ons iets van hom sal hê nie.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 3

Kyk 1 Konings 3:26 in konteks