Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 22:21-31 Die Boodskap (DB)

21. Een van hulle het toe vir die Here gesê: ‘Ek sal gaan en Agab mislei.’

22. ‘Hoe sal jy dit doen?’ het die Here gevra. ‘Ek sal maak dat al Agab se profete leuens vertel.’ ‘Goed dan,’ het die Here gesê. ‘Gaan mislei hom. En doen dit deeglik.’”

23. Miga het nog ’n laaste woord vir die koning gesê: “Sien u, alles het toe so gebeur. Die Here het gemaak dat al hierdie profete vir u gelieg het. En dit terwyl die Here u ondergang beplan.”

24. Sedekia die seun van Kenaäna het Miga op sy kakebeen geslaan en gesê: “Van wanneer af het die Here se Gees my verlaat om deur jou te praat?”

25. “Sedekia, jy sal dit eers besef wanneer jy binnekort van kamer tot kamer gaan vlug en probeer wegkruip,” het Miga geantwoord.

26. Daarop sê koning Agab: “Gryp vir Miga en vat hom hier weg. Vat hom na Amon, die hoof van die stad, en na prins Joas toe.

27. Sê vir hulle om hom in die tronk te gooi. Sê ook hulle moet hom min brood en net ’n bietjie water gee. Hy moet daar bly totdat ek veilig van Ramot af teruggekom het.”

28. Maar Miga het gesê: “U Majesteit, as u veilig van Ramot af terugkom, het die Here werklik nie deur my gepraat nie.” Miga het na die skare gekyk en gesê: “Julle moet luister na wat ek vandag vir julle sê.”

29. Agab, die koning van Israel, en Josafat, die koning van Juda, is toe saam weg na Ramot in Gilead.

30. Op pad het Agab vir Josafat gesê: “Jy kan maar jou koningsgewaad aanhou, maar ek gaan my vermom voor die geveg begin.” Agab het hom vermom en die geveg om Ramot het begin.

31. Die koning van die Arameërs het 32 strydwaens gehad. Hy het elke drywer beveel om die koning van Israel te soek en uit te wis.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 22