Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 12:18 Die Boodskap (DB)

Rehabeam het vir Adoniram, die man wat Salomo nog oor die dwangarbeiders aangestel het, gestuur om met Israel te gaan praat. Hulle het hom so gehaat dat hulle hom sommer met klippe doodgegooi het. Toe Rehabeam sien wat gebeur, moes hy vinnig voor die skare padgee. Hy het net-net weggekom en is terug Jerusalem toe.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 12

Kyk 1 Konings 12:18 in konteks