Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 19:8-13 Die Boodskap (DB)

8. “God het vir haar die mooiste wit rok gegee om aan te trek. Dit is van die fynste, kosbaarste, witste materiaal gemaak wat jy jou maar kan voorstel. Hierdie kosbare materiaal is eintlik gemaak van al die regte en goeie dinge wat God se mense gedoen het.”

9. En die engel sê toe vir my: “Skryf! Party mense is baie gelukkig. Dit is elkeen wat na die bruilofsfees van die Lam uitgenooi is. Daaraan hoef niemand te twyfel nie. Dit is absoluut waar, want God self sê dit.”

10. Ek sak toe op my knieë voor die engel neer om hom te aanbid. Dadelik sê hy: “Moenie dit doen nie! Ek is, net soos jy, ook net iemand wat God dien. Ek is net een van jou broers wat met oortuiging vir ander van Jesus vertel. Nee, aanbid God! Die boodskap oor Jesus is die boodskap wat die Heilige Gees van God self vir ons bring.”

11. Toe ek weer sien, vou die hemel voor my oop. In die hemel was daar ’n wit perd met ’n Ruiter. Die Ruiter is die Een wat jou nooit in die steek laat nie. Hy is opreg en eg in alles wat Hy doen en sê. Sy oordeel is ook altyd reg en wanneer Hy oorlog maak, is dit nie onregverdig nie.

12. Sy oë was soos vuurvlamme wat alles sien. Sy kop was vol krone soos heersers dra. Hy het ook ’n Naam gedra wat niemand geken het nie. Net Hy self het geweet wat dit beteken.

13. Sy klere was deurweek met bloed. Mense het van Hom gepraat as die “Woord van God”; die Een deur wie God sy wil bekendmaak.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 19