Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:17 Die Boodskap (DB)

“Nog ’n voorbeeld: julle weet goed dat die leer van sakke waarin wyn ’n lang ruk gehou word, sag word en maklik skeur. Julle sal mos nie wyn wat nog moet gis in daardie sagte sakke gooi nie. As die wyn gis, sal die gas daarvan die sagte sakke laat skeur. Dan loop al julle wyn uit. Nee, nuwe wyn gooi ’n mens in sterk, nuwe sakke. Die sakke sal dan nie skeur nie en jou wyn sal ook nie uitloop nie.“Dus, as God se nuwe wêreld hier is, word nuwe optrede van mense verwag.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 9

Kyk Matteus 9:17 in konteks