Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 27:31-37 Die Boodskap (DB)

31. Nadat hulle hulle genoeg vermaak het met die spottery, het hulle die pers klere teruggevat en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Daarna het hulle die pad gevat na die plek toe waar hulle gewoonlik die mense gekruisig het.

32. Op pad kry hulle vir Simon. Hy het uit Sirene in Afrika gekom. Voor hy hom kom kry, moes hy Jesus se kruis verder dra.

33. So is hulle na die plek wat Golgota, oftewel “Plek van die Kopbeen”, genoem is.

34. Hulle wou vir Jesus wyn wat met galbitter kruie gemeng is as pynstiller gee. Toe Jesus dit proe, wou Hy dit nie drink nie.

35. Hulle het Jesus toe daar gekruisig.Die soldate het Jesus se klere onder mekaar verdeel deur lootjies te trek.

36. Daarna het hulle naby die kruis gaan sit en wag.

37. Bokant Jesus se kop was ’n nota vasgesit: “Dit is Jesus, die koning van die Jode.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 27