Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 22:37-45 Die Boodskap (DB)

37. Weer het Jesus Hom nie laat vastrek nie. “‘Jy moet die Here jou God liefhê met alles wat jy is en het.’ Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.

38. Hierdie opdrag staan boaan die lys.

39. Maar daar is ’n tweede opdrag wat langs die eerste een op die lys staan: ‘Jy moet ander mense so liefhê asof hulle jy is.’

40. Hierdie twee opdragte vorm die pilare waarop alles rus waarvan ons in die Bybel lees.”

41. Die Fariseërs het daarna kajuitraad gehou, maar Jesus het nie op Hom laat wag nie. Op sy beurt vra Hy weer vir die Fariseërs ’n strikvraag:

42. “Wie se Seun dink julle is die Messias?” “Dawid s’n,” sê hulle dadelik.

43. “Wel, as dit so is, hoe verklaar julle dan dat Dawid in een van sy psalms die Messias sy ‘Here’ noem? Luister hier wat sê Dawid self:

44. ‘God, die Here, het vir my Here gesê: Kom sit op die spesiale ereplek hier langs My, totdat Ek al jou vyande magteloos voor jou voete laat lê.’

45. “Onthou, hy het dit gesê toe hy onder die inspirasie van die Heilige Gees was. Verklaar dan nou vir My: As Dawid die Messias ‘Here’ noem, hoe is dit moontlik dat Hy Dawid se seun ook nog kan wees?”

Lees volledige hoofstuk Matteus 22