Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 21:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Hulle kom toe by Betfage aan die voet van die Olyfberg, nie ver van Jerusalem af nie.

2. “Gaan asseblief gou na Betfage toe,” vra Jesus twee van sy volgelinge. “Nes julle in die dorp kom, sal julle ’n donkie met ’n vulletjie by haar kry. Bring hulle al twee vir My.

3. As iemand vra wat julle doen, sê: Die Here het die twee donkies nodig. Sodra Hy klaar is, sal ons hulle terugbring.”

4. Jesaja het mos lank terug reeds gesê:

5. “Sê vir die mense van Jerusalem: Word wakker, julle Koning is op pad. Hy kom eenvoudig op ’n donkie aangery, Hy sit op die vul van ’n pakdier.”

6. Die twee dissipels het gedoen wat Hy gevra het.

7. Toe hulle met die donkies daar aankom, het sy dissipels vir Hom ’n saal van klere gemaak. Toe Jesus begin ry, het baie mense om Hom saamgedrom.

8. Die meeste van hulle het los stukke klere wat hulle by hulle gehad het mooi voor sy donkie oopgevou. Ander het weer boomtakkies op die pad voor Hom gegooi sodat Hy op die groen tapyt kon ry.

9. Hulle het Hom soos ’n koning verwelkom en hard uitgeroep:“Hoera vir die Seun van Dawid! Prys Hom wat op gesag van die Here self kom. Laat die hemel van ons vrolike hoera’s weergalm!”

Lees volledige hoofstuk Matteus 21