Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 19:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Jesus het daarna uit Galilea vertrek. Hy is na Judea toe, daar oorkant die Jordaan.

2. Oudergewoonte het ’n groot skare mense na Hom toe gestroom. Jesus het al die siekes onder hulle gesond gemaak.

3. ’n Klomp Fariseërs het ook daar opgedaag. Hulle wou Jesus verneder met ’n strikvraag. “Kom ons hoor ’n bietjie wat jy dink. Mag ’n man sommer om enige rede van sy vrou skei?”

4. Jesus het dadelik ’n teenvraag vir hulle gereed gehad: “Ken julle dan nie julle Bybel nie? Weet julle nie daar staan geskryf dat God heel aan die begin man en vrou gemaak het om lewenslank by mekaar te bly nie?

5. Daarom het God gesê: ‘Die dag wanneer ’n man trou, sal hy nie meer by sy ouers bly nie. Nee, hy en sy vrou sal dan op hulle eie gaan bly. Hulle sal dan liggaamlik en geestelik een word.’

6. “In die huwelik bestaan daar nie meer twee mense in God se oë nie, maar net een. Hierdie band tussen man en vrou is onbreekbaar. As God dan twee mense op hierdie manier in die huwelik aan mekaar verbind het, mag niemand op aarde dit verbreek nie.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 19