Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Van Jaïrus se huis af is Jesus saam met sy dissipels terug na sy eie mense in Nasaret.

2. Op die sabbat het Jesus die mense in die sinagoge meer van God gaan vertel. Baie van hulle was besonder beïndruk. Hulle het onder mekaar begin praat: “Waar het hy aan al hierdie dinge gekom? By wie het hy al hierdie kennis gekry? Om nie eens te praat van al die wonderlike dinge wat hy doen nie. Ons weet mos wie hy eintlik is.

3. Is hy nie die houtwerker, die seun van Maria nie? Sy broers is mos Jakobus, Josef, Judas en Simon en ons ken sy susters ook goed.” Hulle wou maar net nie aanvaar dat Hy spesiaal is nie en het die neus vir Hom opgetrek.

4. “So gaan dit maar,” het Jesus toe gesê. “Iemand wat deur God gestuur is om met mense oor God te praat word oral op die hande gedra, behalwe deur die mense onder wie hy grootgeword het.”

5. Hy kon nie eintlik wonderlike dinge daar doen nie, behalwe om ’n paar siek mense gesond te maak.

6. Dit het Jesus nogal verstom dat sy eie mense Hom nie wou vertrou nie.Jesus is toe na die dorpies in die omgewing toe om vir hulle van God te vertel.

Lees volledige hoofstuk Markus 6