Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 24:9-20 Die Boodskap (DB)

9. Die vroue het daar en dan omgedraai en vinnig teruggegaan na die ander volgelinge van Jesus toe. Daar aangekom, het hulle vir die elf apostels en vir die ander mense vertel wat hulle gesien het.

10. Terloops, die vroue wat eerste daar by die graf was, se name was Maria Magdalena en Johanna en Maria, die ma van Jakobus. Daar was ook ’n paar ander vroue by hulle. Hulle was baie opgewonde oor wat met hulle gebeur het.

11. Maar die apostels het hulle skepties gesit en aankyk. Hulle het nie ’n woord daarvan geglo nie.

13. Twee van Jesus se volgelinge het op daardie Sondag besluit om terug te gaan na die dorp waar hulle gebly het. Hulle dorp se naam was Emmaus, so twaalf kilometer buite Jerusalem.

14. Hulle twee was ernstig aan die gesels oor die gebeure van die afgelope naweek.

15. Terwyl hulle met swaar harte geloop en praat het, het Jesus by hulle aangesluit en saam met hulle verder gestap.

16. Maar hulle het Hom nie herken nie.

17. “Wat loop julle so ernstig en praat? En hoekom lyk julle so hartseer?” vra Jesus hulle.

18. Kleopas, een van die twee, sê toe vir Hom: “Wat? Ek kan nie glo jy vra so iets nie. Jy kom dan nou uit Jerusalem uit. Het jy nie gehoor wat die afgelope naweek daar gebeur het nie?”

19. “Wat?” vra Jesus toe.“Wel, Jesus van Nasaret, daardie groot Boodskapper van God, is Vrydag daar doodgemaak. Hy het groot wonderwerke gedoen en met gesag oor God se nuwe wêreld gepraat.

20. Maar toe het die spul godsdienstige leiers van ons volk Hom gevang. Daarna is Hy skuldig bevind en gekruisig.

Lees volledige hoofstuk Lukas 24