Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 21:25 Die Boodskap (DB)

“Op ’n dag sal verskriklike dinge begin gebeur.“Die son, die maan en die sterre sal skielik onheilspellend begin verander. Hulle sal nie meer dieselfde lyk nie. Hulle sal begin skud en uit die hemel val.“Oral op die aarde sal chaos losbreek. Die natuurwette wat alles in die skepping beheer, sal skielik hulle krag verloor. Dan sal die see oor almal begin spoel.

Lees volledige hoofstuk Lukas 21

Kyk Lukas 21:25 in konteks