Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 13:11-16 Die Boodskap (DB)

11. Daar was ook ’n vrou in die skare wat al agtien jaar lank baie siek was. Haar hele liggaam was inmekaargetrek. Sy kon nie normaal loop nie.

12. Toe Jesus haar raaksien, het Hy haar jammer gekry en dadelik vir haar gesê: “Ek het baie goeie nuus vir jou: van hierdie oomblik af is jy heeltemal gesond.”

13. Toe Jesus sy hand op haar sit, het sy dadelik regop gestaan. Sy was so bly dat sy God se Naam grootgemaak het.

14. Maar die hoof van die sinagoge was baie kwaad omdat Jesus iemand op die sabbatdag gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense wat hierdie wonderwerk aanskou het: “Kyk, daar is ses dae waarop ’n mens kan werk. Op daardie dae kan siekes gesond gemaak word. Maar definitief nie op die sabbat nie. Dié man het hier voor ons oë die sabbat oortree.”

15. “Julle skynheiliges!” het Jesus dadelik teruggekap. “Gee julle nie op die sabbat vir julle diere kos en water nie? Tel dit nie as werk nie?

16. Ek het vandag ’n Israelitiese vrou verlos wat agtien jaar lank deur die duiwel gekasty is. Na al die jare van swaarkry is sy uiteindelik vry. Is dit nie gepas dat sy juis op God se rusdag self ware rus moes vind nie?”

Lees volledige hoofstuk Lukas 13