Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:40-51 Die Boodskap (DB)

40. Toe Maria daar by Sagaria se huis aankom, het sy ingestap en vir Elisabet gaan groet.

41. Net toe Elisabet Maria se stem hoor, het die kindjie binne-in haar vol vreugde begin beweeg. Elisabet is toe met die Heilige Gees vervul.

42. Sy het hardop uitgeroep: “Maria, jy is so bevoorreg in God se oë. Tussen al die vroue op aarde het God juis vir jou uitgekies vir ’n baie spesiale taak. Jy gaan ’n baie belangrike Kind in die wêreld bring.

43. Wie is ek dat jy, die moeder van die Here, hier na my toe kom?

44. Weet jy, die oomblik toe ek jou stem gehoor het, het die kindjie binne-in my van vreugde opgespring.

45. Hoe gelukkig is jy nie, Maria! Jy glo alles wat die Here vir jou gesê het - jy glo dat dit waar sal word.”

46. Maria het toe gesê:“Ek maak die Naam van die Here groot.

47. Ek juig oor God. Hy is my Redder.

48. Ek is glad nie belangrik nie, ek is maar een van God se diensmeisies; tog het Hy my raakgesien. Van nou af sal my naam op almal se lippe wees. Alle geslagte sal sê dat ek die gelukkigste vrou op die aarde is,

49. want die Almagtige het groot dinge aan my gedoen. Hy is heilig. Daar is niemand soos Hy nie.

50. Sy goedheid hou aan van geslag tot geslag. Die Here het magtige dinge gedoen.

51. Hy het maar net ’n beweging met sy hand gemaak, dan het groot dinge gebeur. Almal wat te veel van hulleself dink, het Hy oor die aarde verstrooi.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1