Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 2:15 Die Boodskap (DB)

Dit kan ook nog op ’n ander manier gestel word: Jesus het die vyandige geestelike magte en kragte totaal verslaan. Hy het behoorlik bo-oor hulle geloop. Hierdie geestelike magte kan nou net magteloos in kettings voortstrompel terwyl Jesus as die groot Wenner vooruitstap. In hierdie optog word Jesus se oorwinning aan die kruis feestelik gevier. Dit is daar vir almal om te sien.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 2

Kyk Kolossense 2:15 in konteks