Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 9:37-41 Die Boodskap (DB)

37. “Hy staan hier reg voor jou. Jy is besig om met Hom te gesels,” sê Jesus.

38. “Here, ek wil graag u volgeling wees, asseblief,” sê die man. Hy sak toe op sy knieë neer en maak Jesus se Naam groot.

39. Jesus sê toe: “Ek het na hierdie wêreld toe gekom sodat die mense presies kan weet waar hulle met God staan. Dit beteken dat mense wat God skynbaar nog nooit geken het nie, Hom nou leer ken. Aan die ander kant beteken dit egter ook dat mense wat nog altyd gedink het dat hulle God wel ken, gaan hoor dat hulle Hom eintlik glad nie ken nie.”

40. Van die Fariseërs wat daar naby rondgestaan het, het Jesus dit hoor sê. Hulle reageer toe dadelik: “Wat? Wil jy nou vir ons sê dat ons God eintlik nie ken nie?”

41. Jesus het Hom nie laat afskrik nie: “As julle God regtig nie geken het nie, sou God nie julle foute teen julle gehou het nie. Maar nou laat julle almal goed verstaan dat júlle eintlik die mense is wat God baie goed ken. Wel, juis daarom sal julle die skuld moet dra vir elke verkeerde ding wat julle doen.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 9