Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 6:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Daarna het Jesus die Meer van Galilea (ook bekend as die Meer van Tiberias) oorgesteek.

2. Die mense het Hom nie gelos nie en het om Hom saamgedrom. Hulle het die wonderlike tekens gesien wat Hy gedoen het, soos die siekes wat Hy gesond gemaak het.

3. Hulle het agter Jesus aan teen die berg op geloop, tot waar Hy met sy volgelinge gaan sit het.

4. Die paasfees was naby. Dit was ’n belangrike fees vir die Jode.

5. Jesus het na die groot klomp mense gekyk wat saam met Hom gekom het. Party was nog besig om teen die berg op te stap na Hom toe. Hy vra toe vir Filippus: “Is daar ’n winkel hier naby waar ons brood kan koop vir al hierdie mense?”

6. Hy het dit vir Filippus gevra om te kyk wat Filippus sou sê. Hy het egter al klaar geweet hoe Hy die probleem sou oplos.

Lees volledige hoofstuk Johannes 6