Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:1-12 Die Boodskap (DB)

1. Die paasfees was net om die draai. Jesus het besef die tyd het gekom om terug te gaan na sy Vader toe. Dit was nie vir Hom maklik nie. Hy het baie geheg geraak aan sy getroue volgelinge hier op aarde. Hy was baie lief vir hulle.

2. Daardie aand het Jesus saam met sy groepie getrouste volgelinge geëet. Die duiwel het toe al klaar vir Judas oortuig om Jesus in die rug te steek.

3. Dit het Jesus nie bang gemaak nie. Hy het van God af gekom en moes nou teruggaan. Boonop het Hy alles onder beheer gehad. Daarvoor het God gesorg.

4. Jesus staan toe op en bind ’n handdoek om sy middel vas.

5. Hy maak toe ’n bak vol water en begin sy volgelinge se voete een vir een was. Met die handdoek om sy lyf droog Hy hulle voete af.

6. Hy kom toe by Simon Petrus. Voor Hy nog kon begin, val Petrus weg: “Here, wil U nou regtig my voete staan en was?”

7. “Petrus, dit mag nou vir jou snaaks lyk dat Ek so iets wil doen,” sê Jesus, “maar gee ’n bietjie kans; al hierdie dinge sal wel later vir jou sin begin maak.”

8. “Moet asseblief nie aan my voete raak nie,” vra Petrus, “nie nou nie en ook nie later nie.”“Wel,” antwoord Jesus hom, “as Ek nie jou voete was nie, beteken dit dat jy nie een van ons is nie. Dan gaan jy ook nie kry wat Ek vir jou kan gee nie.”

9. “Here, as dit die geval is, moet dan asseblief nie by my voete stop nie. Was my hande; was my kop - sommer alles!”

10. Jesus sê toe: “Jy het mos vanoggend gebad. Dit is nou eers genoeg om net jou voete te was; dan is jy weer heeltemal skoon. Maar nie almal van julle sal skoon word nie, al was Ek almal se voete.”

11. Hierdie laaste sin was op Judas gemik. Jesus het mos geweet Judas gaan Hom verraai.

12. Jesus het voortgegaan en almal se voete gewas. Daarna gaan sit Hy weer op sy plek. “Maak dit sin wat Ek vir julle gedoen het? Wel, laat Ek dit so vir julle verduidelik. Hoe praat julle oor My?

Lees volledige hoofstuk Johannes 13