Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 1:46-51 Die Boodskap (DB)

46. “Jy speel seker. Kan daar uit Nasaret enigiets kom wat die moeite werd is?” was Natanael se reaksie. “Kom kyk self,” het Filippus egter volgehou.

47. Terwyl Natanael nog in Jesus se rigting op pad was, het Jesus al gesê: “Kyk, hier is ’n ware, egte Israeliet. Hy is eerlik en opreg. Hy het glad niks om weg te steek nie.”

48. “Van waar af ken U my dan?” vra Natanael.“Jy was nog daar onder ’n vyeboom toe het Ek jou al raakgesien, nog voordat Filippus met jou gepraat het.”

49. “Rabbi, U is die Seun van God! U is die Koning van Israel!” het dit oor Natanael se lippe gerol.

50. Jesus sê toe vir hom: “Jy glo en vertrou My omdat Ek maar net vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het. Eintlik het jy nog niks gesien nie! Wag maar, daar kom nog baie groter ervarings as dit.

51. “Luister nou mooi na wat Ek sê: Julle sal God se woonplek in die hemel sien oopgaan. Voor julle oë sal die engele van God van die Seun van die mens af opgaan daarheen en dan terugkom na Hom toe.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 1