Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 9:25-28 Die Boodskap (DB)

25. Christus is egter nie weer en weer in die hemel in om Homself elke keer van voor af te offer nie.

26. Dan moes Hy mos van die begin af oor en oor gely het. Nee, Christus het maar een maal gekom toe die tyd daarvoor ryp was. Toe het Hy Homself vir God geoffer en so klaargespeel met al ons sondes.

27. Net soos ’n mens maar een maal sterf en dan voor God moet gaan staan om sy oordeel aan te hoor,

28. so het Jesus net een maal gesterf. Sy sterwe was soos ’n offer waarmee Hy gesorg het dat God al die verkeerde dinge oorsien wat baie mense gedoen het. Christus sal weer kom, maar hierdie keer nie om vir al die verkeerde dinge wat ons doen te kom boet nie. Hy sal dan kom om almal wat vir Hom wag na God toe te neem.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 9