Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 3:3-12 Die Boodskap (DB)

3. In vergelyking met Moses is Jesus egter baie belangriker. Om ’n voorbeeld te gebruik: die bouer is tog baie belangriker as dit wat hy bou. Laat ek die beeld verder neem.

4. Elke huis moet deur iemand gebou word, maar dit is God wat almal en alles bou.

5. Moses was soos ’n getroue werker in God se huis. Hy het mense ook vertel van al die dinge wat God nog in die toekoms sou sê.

6. Christus is egter nie soos ’n werker nie, maar soos die seun lojaal in die huis van God. Ons is die huis van God wanneer ons vasberade tot die einde toe met oortuiging bly vashou aan alles wat God beloof het.

7. Luister na wat die Heilige Gees sê: “Vandag, as julle God met julle hoor praat,

8. moet julle nie ignoreer wat Hy sê nie. Julle voorvaders het presies dit in die woestyn gedoen - hulle het teen My gedraai en gekyk hoe ver hulle met My kan gaan voor Ek my geduld verloor. Julle moet beslis nie hulle voorbeeld volg nie.

9. In die woestyn het Ek 40 jaar lank vir hulle so baie gedoen en hulle het dit geweet; nogtans het hulle my geduld tot die uiterste op die proef gestel.

10. Uiteindelik het my geduld opgeraak en Ek het gesê: ‘Hulle wil nie regtig by My wees nie, maar is heeltyd op soek na iets anders, hulle stel nie regtig belang om te gaan waar Ek gaan nie.’

11. Dit het My kwaad gemaak en daarom het Ek gesê: ‘Hulle sal nooit voel hoe dit is om vir ewig saam met My te rus nie.’ En Ek sal nooit van plan verander nie.”

12. Wees daarom wakker, my broers en susters. Maak seker dat daar nie iemand onder julle is wat so in die sonde baljaar dat hy die pad na die lewende God byster raak omdat hy God nie meer vertrou nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 3