Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 19:35-40 Die Boodskap (DB)

35. Uiteindelik het die stadsklerk daar opgedaag en die skare tot bedaring gebring. Hy het vir hulle gesê: “Inwoners van Efese, almal weet tog hoe belangrik ons stad is. Ons is immers die beskermers van Artemis se groot tempel en van haar standbeeld wat lank terug uit die hemel geval het.

36. Niemand kan tog daarteen stry nie. Word asseblief nou kalm. Moenie iets onverantwoordeliks aanvang nie.

37. Laat die twee mans los wat julle hierheen gesleep het. Hulle het niks uit Artemis se tempel gesteel nie. Hulle het ook geen lelike woord oor haar gesê nie.

38. Demetrius en sy klompie vakmanne moet maar ’n klag by die hof gaan lê as hulle voel dat iemand hulle te na gekom het. Ons het ’n goeie regstelsel met regters en howe.

39. As julle meer as dit wil hê, moet ons ’n vergadering van al die inwoners van die stad belê waar ons hierdie saak verder kan uitpraat. So nie, moet ons uitmekaargaan. Want netnou kla die Romeinse owerhede ons aan dat ons vandag ’n oproer begin het.

40. Ons het nie eintlik ’n goeie rede waarom ons nou so skree en raas nie.” Met hierdie woorde het die stadsklerk die skare uitmekaar laat gaan.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 19