Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 17:31-33 Die Boodskap (DB)

31. “Want God het besluit dat daar ’n dag sal aanbreek waarop Hy almal op die aarde regverdig gaan oordeel. Hy het ’n baie belangrike Man aangestel om op daardie dag as regter op te tree. Hierdie Man is deur God lewendig gemaak nadat Hy dood was. Almal weet tog al teen hierdie tyd van Hom.”

32. Toe die mense hoor hoe Paulus sê dat Jesus lewendig geword het, het hulle hom hardop uitgelag. Ander was egter nie so skepties nie. “Vertel ons nog meer. Ons wil graag nog hieroor hoor,” het hulle vir Paulus gesê. Hy het egter genoeg van hulle gehad en besluit om liewer te vertrek.

33. Tog het ’n groepie mense in Jesus begin glo en by Paulus aangesluit. Onder hulle was Dionisius die Areopagiet, asook ’n vrou met die naam Damaris en nog ’n paar ander.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 17