Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:39-41 Die Boodskap (DB)

39. Hulle twee het toe oor Markus aan die stry geraak. Later het hulle so ernstig van mekaar verskil dat hulle besluit het om elkeen sy eie koers te gaan. Barnabas het toe vir Markus gevat en met ’n skip na Siprus vertrek.

40. Op sy beurt het Paulus vir Silas, wat intussen weer na Antiogië toe gekom het, as sy nuwe helper gekies. Die gemeente van Antiogië het vir hulle gebid en hulle aan die goedheid en sorg van die Here opgedra. Daarna het

41. Paulus en Silas na Sirië en Silisië vertrek. Hulle het die gelowiges daar gaan moed inpraat en vir hulle gesê om aan te hou om in God te glo.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15