Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 1:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Paulus en Timoteus, twee mense wat Christus Jesus dien met alles wat hulle het, het hierdie brief geskryf. Die brief is bedoel vir al die mense in Filippi wat God s’n is omdat hulle Christus Jesus ken. Dit is ook bedoel vir die gemeente se leiers en dié wat aangewys is om die gemeente te help versorg.

2. Ons groet julle met die wens dat God ons Vader en die Here Jesus Christus vir julle baie goed sal wees; mag julle die vrede beleef wat net God kan gee.

3. Elke keer wanneer ek aan julle dink en met God oor julle praat, sê ek vir Hom baie dankie vir gelowiges soos julle.

4. In geen gebed slaan ek oor om spesifiek aan julle te dink nie, en dit is ook baie lekker vir my om vir julle te bid.

5. Julle staan mos soos een man saam agter God se goeie boodskap met nog presies dieselfde vuur en oortuiging as aan die begin.

6. Van een ding is ek seker: dit is God wat al hierdie goeie dinge met julle laat gebeur. Hy sal dit vir julle bly doen tot op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Hy sal julle nooit in die steek laat nie, daarvan kan julle seker wees.

Lees volledige hoofstuk Filippense 1