Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 3:17 Die Boodskap (DB)

Die Here is Gees. Hy is ’n lewende werklikheid, en nie maar net Iemand wie se Naam in ’n wetboek geskryf staan nie. Oral waar die Gees van die Here aan die werk is, word mense regtig vrygemaak. Almal wat glo, is nou vry. Ons kan die Here se heerlikheid weerkaats sonder dat daar sluiers oor ons gesigte hang. Hoe meer ons die Here se grootheid raaksien, hoe meer word ons lewe verander om sy ongelooflike heerlikheid te weerkaats. Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 3

Kyk 2 Korintiërs 3:17 in konteks