Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 12:6 Die Boodskap (DB)

As ek dit wel sou waag om ’n bietjie oor myself te praat, sal ek nie regtig ’n gek van myself maak nie, want alles wat ek sê, is die reine waarheid. Maar ek het besluit om dit nie te doen nie. Netnou dink mense dat ek verskriklik belangrik is as ek heeltyd net oor my groot geestelike ervarings praat. En dit is tog nie waaroor ons geloof gaan nie. Al wat julle eintlik oor my hoef te weet, is dit wat julle my sien doen en dit wat julle oor my werk as apostel hoor.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 12

Kyk 2 Korintiërs 12:6 in konteks