Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 11:5-9 Die Boodskap (DB)

5. Ek staan nie ’n enkele tree vir hulle terug nie.

6. Selfs al is ek nie so glad met my mond soos hulle nie, weet ek baie goed hoe God se raadsplan werk. Dit het julle tog gehoor toe ek daar by julle was.

7. Ek vra my af of ek nie ’n groot fout gemaak het toe ek die goeie nuus oor God daar by julle kom bekendmaak het nie. Ek het julle soos ’n slaaf gedien sodat julle al die eer kon kry. Ek wou nie ’n sent van julle hê nie.

8. Ander gemeentes moes vir my sorg. Ek het as’t ware die kos uit hulle mond gevat sodat ek julle met die goeie nuus kon bedien.

9. Ek onthou nog die keer toe ek nie ’n sent op my naam gehad het nie. Maar nie eens toe het ek dit gewaag om julle te vra om my te help nie. Nee, ’n groepie Christene uit Masedonië het my uit my geldelike verknorsing kom help. Ek was nog nooit ’n geldelike las vir julle nie. So sal dit in die toekoms ook bly.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 11