Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:9-21 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die wysheid sal soos ’n mooi kransie wees,soos die kroon van ’n koning op jou kop.”

10. My kind, jy moet luister,jy moet doen wat ek vir jou sê,dan sal jy baie lank lewe.

11. Ek het vir jou geleer om te loopop die pad van die wysheid,ek het jou gelei op reguit paaie.

12. As jy op hierdie paaie loop,dan sal jou voet nie vashaak nie,en wanneer jy hardloop,dan sal jy ook nie val nie.

13. Jy moet vashou aan wat ek vir jou leer,jy moenie dit los nie,jy moet dit doen, want dan sal jy waarlik lewe.

14. Jy moenie op die pad loop van mensewat verkeerd doen nie,jy moenie saam met slegte mense loop nie.

15. Jy moet daardie pad los,jy moenie daarop loop nie,jy moet wegdraai en jy moet op jou eie pad loop.

16. Daardie mense kan nie slaapas hulle nie verkeerd gedoen het nie,hulle bly wakker as hulle nie sonde gedoen het nie.

17. Hulle hou daarvan om verkeerd te doenen om mense seer te maak,dit is vir hulle so lekkersoos om te eet en te drink.

18. Maar mense wat reg doen,se pad is soos die oggendlig,dit word meer en meer heldertotdat dit dag is.

19. Mense wat verkeerd doen,se pad is soos die donker,hulle weet nie waaroor hulle sal val nie.

20. My kind, jy moet luister wanneer ek praat,jy moet luister na wat ek sê.

21. Jy moet altyd onthou wat ek vir jou sê,jy moenie dit vergeet nie,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4