Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:2-12 Bybel vir Almal (ABA)

2. want dit is goeie dinge wat ek vir julle leer,julle moet aanhou doen wat ek vir julle sê.

3. Want ek was ook voorheen ’n kind,ek was jonk, en my ouers was lief vir my.

4. Toe het my pa vir my ook geleer.Hy het gesê:“Jy moet onthou wat ek vir jou sê,jy moet dit doen, sodat jy kan aanhou lewe.

5. Jy moet wysheid kry, jy moet verstandig word,jy moenie vergeet nie,jy moenie ophou om te doen wat ek vir jou sê nie.

6. As jy die wysheid nie los nie,dan sal dit vir jou wagstaan,as jy lief is vir die wysheid,dan sal dit jou beskerm.

7. As jy regtig slim wil word,dan moet jy wysheid kry,jy moet ook verstandig word,saam met al die ander dinge wat jy kry.

8. As jy hou van die wysheid,dan sal dit jou ’n belangrike mens maak.As jy wys dat jy lief is vir die wysheid,dan sal mense jou respekteer.

9. Die wysheid sal soos ’n mooi kransie wees,soos die kroon van ’n koning op jou kop.”

10. My kind, jy moet luister,jy moet doen wat ek vir jou sê,dan sal jy baie lank lewe.

11. Ek het vir jou geleer om te loopop die pad van die wysheid,ek het jou gelei op reguit paaie.

12. As jy op hierdie paaie loop,dan sal jou voet nie vashaak nie,en wanneer jy hardloop,dan sal jy ook nie val nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4