Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Wanneer jy te veel wyn gedrink het,dan wil jy altyd spot.Sterk drank laat jou ’n mens wordwat altyd wil raas.Niemand wat dronk is,sal wysheid kry nie.

2. ’n Mens is bang vir ’n koning,so bang soos vir ’n leeu wat brul.As jy die koning kwaad maak,dan is dit gevaarlik, jy sal miskien sterf.

3. Mense respekteer iemand wat nie wil twis nie,elke dwaas wil graag stry.

4. Die lui mens ploeg nie wanneer hy moet ploeg nie,en wanneer dit tyd is om te oes,dan soek hy koring om af te sny, maar daar is niks.

5. Wanneer iemand goed dinkvoordat hy vir ander mense sê wat hulle moet doen,dan is dit soos water in ’n diep put. Verstandige mense skep daaruit,hulle luister na wat hy sê.

6. Daar is baie mense wat sê hulle sal doenwat hulle belowe,maar daar is min mense wat regtig doenwat hulle sê.

7. ’n Mens wat reg lewe, lewe eerlik,en sy kinders wat ná hom kom, is gelukkig.

8. Wanneer ’n koning op sy troon gaan sitom te oordeel,dan sien hy alles wat verkeerd is.

9. Wie is daar wat kan sê:“Ek het my lewe skoon gehou,ek het nie sonde gedoen nie”?Niemand.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20