Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:5-14 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die Here haat mense wat hoogmoedig is,daardie mense sal hulle straf kry, dit is seker.

6. As jy wil hê die Here moet jou sondes vergewe,dan moet jy doen wat jy belowe en jy moet aanhou glo.As jy die Here respekteer en Hom dien,dan sal dit nie sleg gaan met jou nie.

7. Wanneer die Here tevrede is met ’n mens se lewe,dan laat Hy ook daardie persoon se vyandein vrede met hom lewe.

8. Dit is beter om ’n bietjie te hê wat jy eerlik gekry hetas om baie te hê wat jy nie eerlik gekry het nie.

9. ’n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen,maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur.

10. Dit is die Here wat vir die koning sê wat hy moet sê,die koning maak nie foute wanneer hy oordeel nie.

11. Die Here wil hê weegskale moet reg weeg,Hy self besluit hoe swaar die gewigte moet wees.

12. Konings haat dit wanneer mense verkeerd doen,want hulle weet dat hulle lank sal kan regeeras mense reg doen.

13. Konings wil hê dat mense die waarheid moet praat,hulle hou van eerlike getuies.

14. Wanneer die koning kwaad word vir jou,dan is jy naby jou dood.As jy wysheid het,dan sal jy probeer om die koning tevrede te hou.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16