Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:8-21 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die Here haat die offers wat mense bringwat verkeerd doen,maar Hy aanvaar die gebede van eerlike mense.

9. Die Here haat dit wanneer mense verkeerd doen,maar Hy hou van mense wat altyd probeer om reg te doen.

10. Die Here sal die mens straf wat ophou om reg te lewe.Die mens wat dit haat wanneer iemand vir hom wil leer,sal sterf.

11. Die Here ken die doderyk en die onderwêreld,maar Hy ken die harte van mense nog beter.

12. Iemand wat altyd wil spot, hou nie daarvandat jy vir hom sê hoe hy moet lewe nie,hy gaan vra nie vir wyse mensewat hy moet doen nie.

13. Wanneer iemand bly is,dan sal sy gesig gelukkig lyk,maar wanneer hy hartseer is,dan sien jy hy is moedeloos.

14. ’n Verstandige mens probeer altyd meer weet,maar dwase is tevrede om dom te bly.

15. Dit gaan altyd sleg met iemandwat homself nie kan help nie,maar vrolike mense geniet altyd die lewe.

16. Dit is beter om min te hêen die Here te respekteer en te dien,beter as om baie goed te hê en ook probleme te hê.

17. Dit is beter om net groente te eeten te weet dat mense lief is vir jou,beter as om die vleis van ’n vet bees te eeten te weet dat mense jou haat.

18. ’n Mens wat gou kwaad word, sal twis en stry,maar ’n geduldige mens maak vrede.

19. ’n Lui mens se lewe is soos ’n pad vol dorings,eerlike mense se lewe is soos ’n goeie pad.

20. ’n Pa en ma is bly wanneer hulle kinders wysheid het,maar ’n dwaas dink sy ouers is nie belangrik nie.

21. Iemand wat nie baie verstand het nie,is bly omdat hy dwaas is,’n verstandige mens doen dinge wat reg is.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15