Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:22-30 Bybel vir Almal (ABA)

22. As jy nie vra wat jy moet doen nie,dan sal jou planne nie slaag nie,maar as jy baie raadgewers het,dan sal jou planne slaag.

23. Dit is lekker wanneer ’n mens weetwat om te antwoord,dit is die beste om die regte woordop die regte tyd te sê.

24. ’n Verstandige mens loop op die pad van die lewe,daardie pad gaan boontoe.’n Verstandige mens loop nie op die pad na die doderyk nie,daardie pad gaan ondertoe.

25. Die Here breek die huis van hoogmoedige mense af,maar Hy beskerm die grond van die weduwee.

26. Die Here haat dit wanneer mense planne maakom slegte dinge te doen,maar Hy hou van vriendelike woorde.

27. Iemand wat altyd meer wil hê as wat hy moet kry,laat dit sleg gaan met sy huisgesin,maar iemand wat nie presente wil neemom verkeerde dinge te doen nie, sal lewe.

28. ’n Mens wat reg lewe,dink eers goed voordat hy antwoord,maar mense wat verkeerd doen,hou aan om slegte dinge te praat.

29. Die Here is ver van mense wat verkeerd doen,maar Hy hoor wanneer mense wat reg lewe,tot Hom bid.

30. Wanneer iemand vriendelik is,dan maak hy mense bly.Goeie nuus laat mense goed voel.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15